Precious Memories

 

GOUE BRUILOF


PASTOOR EDDIE & MARGIE NELL
 

5 September 2009

 

 
 

Dit was ons geseënde voorreg om op die 5de Sept 2009, ons goue bruilof te vier. Ons dogter, Lizelle Greenberg het daarop aangedring dat dit ‘n geleentheid is wat gevier moet word.

Die groot soektog het begin om ‘n geskikte plekkie te vind. By die vierde plek het ons by “Little Paradise” uitgekom en was dadelik beindruk. Die netheid en vriendelike ontvangs deur Rene was die deurslaggewende faktor.

Die prys was redelik en bekostigbaar. Na deeglike bespreking was alles gereël en die 5de Sept was ’n dag om na uit te sien.

Die gaste het reeds hul plekke ingeneem toe die troumars speel en ons in ekstase was toe die ruikers op die tafels uit dieselfde blomme as my trou-ruiker was, sowel as die kleurskema!

Terwyl sagte musiek gespeel het, kon ons die heerlikste voorbereide ontbyt geniet.
Die gaste het ons almal komplimenteer met “Little Paradise” se puik dienste.

Alles het meegewerk om ‘n onvergeetlike dag te beleef.

 

Baie Dankie.

 

Dit was puik!

 

 

 

 

Home : About Us : Events : Precious Memories : Forthcoming Events : Map to Us : Quotation Required : Make-Overs : Contact Us : Links : New : Disclaimer : Design