|
Dit was by vêr die mooiste dag in ons lewens.
Alles was presies soos ons dit wou hê danksy
goeie organisasie en baie geduld. Die tuin was
asemrowend met verskeie fokuspunte vir pragtige
fotos. Die saal het gelyk soos iets uit ‘n
sprokiesprent, wat bygedra het tot ons
sprokiesdag. Ons gaste kon nie uitgepraat raak
oor die lekker kos en atmosfeer wat Little
Paradise gebied het nie. Wat wil jy nou meer hê?
Baie dankie Rene en jou profesionele span vir al
julle tyd en werk om ons dag spesiaal te maak. |